NUUSBRIEF 24 JUNIE 2023
NUUSBRIEF 24 JUNIE 2023
Net ‘n kort nuusbrief hierdie week want die leser word hierdie week uitgenooi om die Cast-members van die Lokprent-video te ontmoet. Ook om te gaan kyk na die Outeurs-foto-slide-show. Leer ken die karakters van Olifant op ‘n sweefstok. Hoewel dit aangemoedig word dat ‘n leser sy of haar eie verbeelding gebruik om ‘n beeld van ‘n karakter te vorm is ek ‘n skrywer wat visueel en in prente dink en skryf. Wanneer ek ‘n storie in my kop vorm sien ek dit afspeel soos ‘n film in my kop. Daarom het ek die Boek-trailer-video gemaak om vir julle my lesers ‘n kykie te gee van hoe ek as skrywer die karakters gesien het in my kop.
Die “akteurs” in die Lokprent is almal vriende van vriende, oud-swem studente en my eie kinders wat goedgunstiglik aangebied het om teen minimum loon sekere tonele in die teks uit te speel of te pose. Ek is hulle vir altyd dankbaar en te midde van ‘n reëndag in Stellenbosch is die hele lokprent in net een dag voltooi. ‘n Spesiale dank aan Luke Tannous (http://www.luketannous.co.za/) die fotograaf en Director wat al die foto’s en video’s geneem het. Die lokprent ge-edit het en saamgestel tot die eindproduk soos julle dit sien. Ons het die oggend 9h begin en die aand 22.30 klaar gemaak met wat wissel tussen dag-tonele, middag-tonele, son-, reën en nag-tonele. Dit was aan-en uittrek, verskillende plekke, kostuums en grimering. Hou hierdie spasie dop want oor ‘n week of twee sal ek die “Bloopers/Funnies – Behind-the-scenes – video” ook plaas sodat julle as lesers kan sien hoeveel prent hierdie akteurs gehad het in die maak van die lokprent. Daar is baie gelag, hier en daar gebloos… En sommer heerlike pret gehad in die maak daarvan. Ontmoet hierdie week die karakters en sit ‘n gesig by die naam in Olifant op ‘n sweefstok. Geniet dit! Tot volgende week. Lelanie Roode
Ek is op toer! My volgende verskyning is by die Vrystaat kunstefees 12-14 Julie. Kyk beslis onder die opskrif: LITERATUURFEES vir: OLIFANT OP ‘N SWEEFSTOK OP BLADSY 78 in die uitnodiging
Die lokprent vir die boek is uiteindelik hier! Besoek dit nou op Youtube.
Vir al my nuutste media, uitdagings en meer, volg my op Instagram @authorlelanieroode