NUUSBRIEF 23 MAART 2026
Liewe Lesers, Maart het in die Wes-Kaap aangekom soos stoom uit ’n warm ketel.—Daar is ’n hitte wat oor die Wes-Kaap lê soos ’n elektriese kombers wat op sy maksimum gestel is. Party dae voel dit asof die son nie net skyn nie, maar brand. Lukrake vure wat hoog en laag oor die velde uitbreek […]
NUUSBRIEF 26 FEBRUARIE 2026
Liewe Lesers,Februarie het met warm, helderblou energie in die Kaap aangekom. Dae vol sonbril- en sonskerm hittegolwe, maar ook dae waarin werk, drome en stille groei saamvloei. Ek sit weer hier en skryf met ’n hart wat besig is om baie dinge gelyk te dra. Stories wat vorm kry, nuwe planne wat begin wortel skiet, […]
NUUSBRIEF 31 JANUARIE 2026
Liewe Lesers,Januarie het stil-stil ingestap, tog voel alles reeds volspoed—’n nuwe jaar wat wag om gevul te word met stories, hoop en wonderwerke. Ek sit vandag en skryf met ’n hart vol dankbaarheid en ’n gees wat kinderlik opgewonde is oor die splinternuwe jaar wat voorlê.Ek het die eerste “draft” van Olifant op ’n Sweefstok […]
NUUSBRIEF 23 DESEMBER 2025
LIEWE LESERS, Desember het sag, maar vol belofte ingestap —’n maand wat altyd soos ’n asemteug voel tussen afsluit en begin. Kersliggies flikker al vroeg, en 2025 maak stadig sy laaste buiging. Ek skryf vandag met ’n dankbare hart, ’n effense moegheid in die lyf, maar ’n groot verwagting in die gees. Skryfwerk bly my […]
NUUSBRIEF 02 DESEMBER 2025
LIEWE LESERS,November het soos ’n sagte bries oor my lewe gewaai—vinnig, bedrywig, vol oorvloed, vol dankbaarheid… en ja,ek is so tikkie laat. My opregte verskoning daaroor! Maar wanneer ’n mens se geliefde jou twee keer in een maand kom verras, raak skryfwerk sommer tweedens… en die lewe eerste. Ek koester elke oomblik.Terwyl die dae langer […]
NUUSBRIEF 29 OKTOBER 2025
LIEWE LESERSOktober die mooiste maand. Ook die maand waarin my geliefde oorlede pa, Carel Roode op 26 Oktober 1945 ’n ronde 80jaar sou geword het. Hy is oorlede 8 September 2018 en ek mis hom elke dag. My pa was en sal altyd my rolmodel wees. By hom het ek soveel geleer. My pa was […]
NUUSBRIEF 26 SEPTEMBER 2025
Liewe Lesers,September en lente is hier. In die Noordwes is Lente presies op tyd. In die Kaap glo ek is die seisoene een maand agter. Ek kuier al vanaf 7 September by my geliefde Cornelius in Noordwes Provinsie. Ek sou eers die 20ste September boontoe gereis het. Daar het egter soveel goed gebeur in die […]
NUUSBRIEF 27 AUGUSTUS 2025
STEM NOU vir Voelgoed Inspirasievrou 2025 In verlede maand se nuusbrief het ek vertel van werk en woeker voort. Dit is wat ek doen. Ek het die 21ste Augustus teruggekeer vanuit Noordwes Provinsie. Dit was weereens ‘n heerlike kuier saam my geliefde Cornelius. Ons was tuis terwyl hy gewerk het. Daarna het ons ‘n vertoning […]