Nuusbrief 2 12 Junie 2023
WEBSITE NUUSBRIEF 2
16 JUNIE 2021
‘n Week wat afgeskop het Maandag 12 Junie in Kaapstad Waterfront met ‘n Bemarking-proses-vergadering saam Luke Tannous (die uitstekende en talentvolle fotograaf wat die Lokprent/Trailer-video van Olifant op ‘n sweefstok geskiet, vervaardig en direct het. (instagram:@luketannous)(website:www.luketannous.com)(e-mail: [email protected])
Saam met my web-blad-bestuurder Donovan Risk (http://www.aeonwolf.co.za/) wat vele rolle speel in hierdie Olifant-projek. Nie alleen verskyn Donovan op my boek se voorblad as Kaptein Luke Maree nie hy is ook die ontwerper en bestuurder van hierdie persoonlike web-blad van my.
Dinsdag het ek vanaf Naledi se fotograaf Linsen Loots (wat ook ‘n Filmmaker is Tel.nr: +27 82 926 7557 en epos: [email protected]) materiaal ontvang wat hy van die Boekbekendstelling geneem het op 31 Mei 2023 te Stellenbosch Hoërskool.
Tussen hierdie mense en die spelers/akteurs en modelle/cast-players in my Book-Trailer–Boek-Lokprent-video gaan dit baie goed met die bemarking van: Olifant op ‘n sweefstok.
My Sosiale Media konsultante: Clarissa Kruger (https://instagram.com/authorlelanieroode?igshid=MzRIODBiNWFOZA== ) wat my Instagram-blad bestuur en Angelica Kruger wat my Tik-Tok-blad bestuur (https://linktr.ee/lelanie_roode)
Ek het in verlede week se Nuusbrief 1 (31 Mei) meer gesê wat die titel: Olifant op ‘n sweefstok simboliseer? Gaan kyk na my eerste nuusbrief indien jy dit gemis het.
Hierdie bietjie week meer oor die karakters. Kyle is die Olimpiese Swemmer wat eintlik net wil swem, ‘n amper onwillige- skaam-anti-held. Tog super-talentvol. Die meisie wat haar hart eerste verloor is Ansje en sy laat niemand anders werklik naby aan Kyle toe nie. Martinette is nuut in die dorp en sy voel dadelik ‘n vonk tussen haar en Kyle maar dis die aantreklike Christoff se vriendelike, innemende persoonlikheid wat haar aantrek. Haar twee vriendinne Bianca en Carla vertel egter nie vir Martinette dat één van hulle ook ‘n hartslag mis wanneer Christoff en óf Kyle in die geselskap is nie….Die skoolhoof se dogter Elize Slabbert is ‘n faktor waarmee rekening gehou moet word terwyl André, Anje se ouer broer ook sy oog op een van die vriendinne het. Kaptein Luke Maree wat medies studeer en ook ‘n lewensredder is in Simonstad waar Christoff en sy vriend Paul onder Luke se bevelvoerderskap by die Vloot diens doen ontmoet die groep vriende tydens ‘n sameloop van omstandighede. Daar ontstaan verskillende vierhoeke met ‘n dinamika tussen die karakters wat by tye plofbaar gelaai is met emosie en passie. Die vriendskappe word getoets omdat daar partye is wat meer van mekaar hou as wat ander sou wou hê…
Bestel jou kopie op Naledi se blad as volg: https://naledi.co.za/product/olifant-op-n-sweefstok/ @ R240 per boek of kontak per epos: [email protected] of by 078 648 8616
Hou my Instagram: https://instagram.com/authorlelanieroode?igshid=MzRIODBiNWFOZA== dop vir nuus oor die LOKPRENT-VIDEO (BOOK-TRAILER-VIDEO)-“teasers”. Die volle Lokprent sal volgende week op hierdie web-tuiste beskikbaar wees. Moenie dit mis nie.
Weet ook dat die lokprent se inhoud is in geen spesifieke orde is nie. Jy gaan nie weet wie kies vir wie tot jy die boek gelees het nie… Die lokprent gaan jou meer vertel van daardie “olifante”/chemistries tussen die verskillende karakters en jou laat aanhou raai tot jy die volle verhaal gelees het.
Groete en laat ‘n “review” op bogenoemde webtuiste sodra jy klaar gelees het – ONTHOU – GEEN “spoilers” op die reviews nie ASSEBLIEF!
BAIE DANKIE
LELANIE ROODE