NUUSBRIEF 23 AUGUSTUS 2023
Liewe Lesers
Aan die Olifant-kant van nuus is daar genoeg om te deel hierdie laaste week van Augustus! Na die Vrystaat Kunstefees was dit stillerig hoewel die bemarking van Olifant op ‘n sweefstok my besig hou skryf ek weer verder. Ek kry in die reviews (sien my Naledi-blad: https://naledi.co.za/product/olifant-op-n-sweefstok/ )redelik navraag vir ‘n moontlike opvolg-boek? Omdat my karakters redelik jonk is in Olifant op ‘n sweefstok is my lesers nuuskierig wat gaan verder in hulle lewe gebeur? Dus is ek tans besig met Kyle, Martinette, Luke, Christoff en natuurlik Ansje met ‘n nuwe karakter of twee of drie wat deel word van hulle lewens. Ek hoop werklik dat elke karakter nou deel is van my lesers se gedagte-wêrelde? Dat dit mense is van wie julle hou, dalk voor begin omgee het? Of glad nie van hou nie? Tóg dat julle as lesers betrokke is by hulle doen en late en nuuskierig is saam my hoe elkeen se lewens keuses gaan uitspeel?
Ek is Maandag 28 Augustus 2023 (op my dogter Anika wat op my voorblad is, se 28ste verjaarsdag) in Kaapstad. Ek het ‘n onderhoud by Fine Music Radio (101.3 /94.7/97.1/107.9 MHz) tussen 14h-15h met Amanda Botha oor Olifant op ‘n sweefstok. Skakel gerus in of gaan kyk op hulle webtuiste wanneer die uitsending is?
In die tussen-tyd kan julle gaan luister na my onderhoud met Stefaans Coetzee van Life FM – 100.6FM of 98.1 https://www.lifefm.co.za/ die onderhoud is op: https://pm.soundcloud.com/nnn5y Dit is ‘n 45minute program en my onderhoud is minute 5-22. Daar was probleme met die internet en by tye kon ek nie vrae hoor nie en het ek dan maar net aanhou gesels oor die boek.
Ek is opreg dankbaar vir hierdie radio-onderhoude en die blootstelling is “word-of-mouth” wat oneindig meer is as wat enige boek op ‘n rak in ‘n boekwinkel beteken. Ek is ook besig met die organisasie van my Gauteng-Boek bekendstellings. Dit lyk na einde Oktober begin November en ek hoop om deel te wees van die Klerksdorp Boekfees 1-5 November. Ek wil die Gauteng Boek bekendstellings: Een in Midstream vir die Johannesburg-mense en een in Pretoria hou. Die datums en veneus sal in die September nuusbriewe wees.
Daar is natuurlik ook die Stellenbosch Woordfees vanaf 7-15 Oktober en dan gaan NALEDI ‘n dag hê waar al die Naledi-skrywers wat nie op die formele Woordfees program is nie ook ‘n geleentheid kry om boek praatjies aan te bied. Tye en veneus sal ook nader aan die tyd beskikbaar wees.
Hierdie is die nuus vir vandag. Ek skryf sommer gou weer. Hak asseblief my webtuiste-link aan jou kontakte lys as jy kan. Die blootstelling is vir ‘n debuut skrywer soos myself kosbaar.
Baie dankie en gaan loer op Instagram na die reels en stories en help my met ‘n follow & share: (https://instagram.com/authorlelanieroode?igshid=MzRIODBiNWFOZA==) of Tik-Tok (https://linktr.ee/lelanie_roode) Bestel jou kopie van Olifant op ‘n sweefstok online op my Naledi-blad (link is hierbo @ R240. Dit sluit koerier koste tot by jou huis in). GROETNIS.
Lelanie Roode