NUUSBRIEF 24 SEPTEMBER 2023

Liewe Lesers

Blaai asseblief na julle dagboeke en teken die volgende twee datums aan: Fine Music Radio (101.3) in die groter Kaapstad area  (107.9) in Noordhoek en Vishoek (94.7) in Houtbaai en Llandudno en ook (97.1) of ‘live streaming”. Op 26 September tussen 12-13h saai FMR ‘n onderhoud met my uit wat Amanda Botha met my gevoer het asook die resensent Elmarie Waltman.

Die volgende datum is natuurlik die STELLENBOSCH WOORDFEES: 7-15 Oktober. Ek gaan tydens die Woordfees ‘n Boek praatjie en Chris Marnewick is die onderhoudsvoerder op 10 Oktober 12h -14h. Chris Marnewick se onderhoud met Jonathan Amid is 12h-13h en my onderhoud is 13h-14h by Aunty Sophie in Die Laan. Stellenbosch. Kom luister gerus na albei praatjies terwyl julle hier is. Chris Marnewick is ‘n gerekende skrywer en kom al die pad van New Zealand om sy boeke hier in Suid-Afrika te kom bekend stel en bemark. Ek is baie bevoorreg en geëerd dat hy die onderhoud met my gaan voer oor: Olifant op ‘n sweefstok. 

Sien asseblief die ingevoegde advertensie van die geleentheid. Ek is tans baie besig met die bemarking van Olifant op ‘n sweefstok en indien julle die boek al gelees het en dit geniet het sal ek dit baie waardeer as julle vir my ‘n “review” op my Naledi-webblad kan skryf?

Ek toer die einde van Oktober eerste 2 Weke van November na Gauteng en gaan 2 bekendstellings daardie kant doen.

  1. Midstream Estate by die skool
  2. Pretoria – Centurion of Ooste.
  3. Klerksdorp Boekfees 1-5 Nov

Onderhoudvoerder: Dana Snyman.

Die venues en tye sal ek binne die  volgende week of twee bevestig.

Baie dankie al die volgehoue ondersteuning en ek hoop om almal te sien tydens van hierdie geleenthede. Dit is en bly vir my ‘n droom wat waar geword het met die Publikasie van Olifant op ‘n sweefstok en die Wonderwerke wat God oor my pad bring op hierdie ongelooflike reis tel ek een vir een met dankbaarheid!.  Ons gesels gou-gou weer.

Online bestellings: https://naledi.co.za/product/olifant-op-n-sweefstok/

Skakel: Tertia by Naledi: 078 648 8616 RSVP’s, meer inligting of bestellings

lelanie_signature