NUUSBRIEF 31 OKTOBER 2023

NUUSBRIEF 31 OKTOBER 2023

Liewe Lesers

Olifant op ‘n sweefstok “sweef” letterlik en figuurlik. Die afgelope Woordfees in Stellenbosch was ‘n ervaring. Op 10 Oktober het Chris Marnewick – outeur van: Die Loutering van Manon Viljoen (https://naledi.co.za/product/die-loutering-van-manon-viljoen/ ) ‘n onderhoud met my gevoer saam met ‘n 22-jarige student Surika van Zyl. Dit was interessant om die vrae van hierdie twee uiteenlopende onderhoudsvoerders te kon antwoord. Chris Marnewick wat die manlike perspektief gegee het en Surika van Zyl die jong volwassene en soos sy gesê het: die ‘juicy’ vrae! Chris het onder andere vir my gevra met watter karakter in die boek ek identifiseer? En of is dit waar dat ‘n skrywer hom of haarself soms in ‘n sekere karakter “inskryf”? Sy raaiskoot oor watter een ek mee identifiseer was verkeerd gewees. Ek sal graag by my lesers wil weet wat is julle raaiskoot? Stuur vir my ‘n epos: [email protected] en ek sal jou antwoord reg of verkeerd en ook die redes gee.

Verder het ek besluit om my Gauteng-toer en Boekbekendstellings uit te stel na 2024. Bloot vir die redes dat ek skole ook wil besoek en hierdie tyd van die jaar skryf almal eksamens. Ek sal Gauteng toe kom einde Januarie of Februarie 2024 sodat ek skole kan besoek en spesifiek dan die grade 10-12’s kan sien. Ek wil Olifant op ‘n sweefstok voorlê aan die Departement van Onderwys vir voorgeskrewe werk in Afrikaans tweede taal.

Verder is ek besig om die Opvolg-storie van Olifant te skryf. En glo my daar gebeur baie in die lewens van die karakters in die volgende 5-10jaar. Volgende jaar 2024 is weer ‘n Olimpiese Spele jaar en julle lesers gaan moet wag en kyk of Kyle en Martinette gaan deelneem daaraan en of iemand iets gaan laat gebeur om hulle te verhoed? Daar kom ook twee of drie nuwe karakters by, onder andere ‘n identiese tweeling broers wat reg binne-in Martinette, Ansje, Bianca en Carla se sop beland. Luke speel die hoofrol in die opvolg-storie en Kyle moet soos altyd veg vir sy eie behoud asook die moeilike keuses wat hy moet maak tussen sy liefde vir sy sport en sy sosiale verpligtinge wat met wêreld-roem gepaard gaan. 

Verder is ek besig met ‘n werkswinkel by: The Writing Studio onder leiding van Daniël Dercksen (draaiboek-editor van onder andere: Die Wonderwerker – Eugene Marais se storie). Gaan maak gerus ‘n draai op sy webtuiste: www.writingstudio.co.za  As jy nog altyd ‘n droom gehad het om te skryf is hierdie die eerste stap om daardie droom waar te maak. Ek is tans besig met een van sy werkswinkels en ek leer elke dag net meer en meer om my skryfwerk beter te maak en af te rond. 

Baie dankie weereens vir almal se volgehoue ondersteuning. Koop jou Kersgeskenk vroeg en sorg dat daar ‘n “OLIFANT”  in elke familie-en vriende se Kerskouse is! 

Groete tot volgende maand! Online-bestellings by: https://naledi.co.za/product/olifant-op-n-sweefstok/ skakel Tertia by Naledi 078 648 8616 vir enige navrae.