NUUSBRIEF 24 FEBRUARIE 2024


Liewe Lesers,

Ek is opgewonde om te sê dat julle die nuwe BRUIS-tydskrif kan gaan aankoop. Margaret Gardiner is op die voorblad en op bladsy 42 is daar ‘n mooi artikel oor Olifant op ‘n sweefstok. Alle foto krediete gaan aan Luke Tannous. Hy het my werklik op my beste laat lyk en ek is tevrede met die artikel. Om deur ‘n blindsided egskeiding toe moes werk was en is steeds traumaties. Daar is werklik dae wat mens op ‘n hoop in ‘n hoek wil gaan sit en huil en huil en huil. Nie soseer oor dit wat verby is nie maar oor die droom van saam oudword en nog dinge saam doen wat skielik vernietig is. In een oomblik verander jou hele lewe. Die artikel in BRUIS deel ‘n stukkie van daardie reis met die lesers en ek is dankbaar dat hulle dit onder die titel in die boek gesit het van INSPIRASIE. Want dit is wat ek graag sou wou doen.

Egbreuk en Affairs is ‘n werklikheid. Baie meer algemeen as wat mens sou dink. Eers wanneer dit met jou gebeur voel jy en werk jy deur emosies wat jy voorheen nooit verstaan het nie. Gedink: dit sal mos nie met my/ons gebeur nie… En toe doen dit.

Ek is druk besig om te werk en te skryf aan die opvolg van: Olifant op ‘n sweefstok. Dit titel daarvan is nog nie vas nie maar vir nou is die werkstitel: SWEEF EN VAL. Daar is een of twee of drie nuwe karakters en julle my lesers gaan verder lees en beleef wat in hierdie karakters se volgende seisoene van hulle lewe gebeur? My karakters in die eerste boek is jonk. Nou is hulle bietjie ouer (nie veel nie) die tweede boek begin drie jaar later met ‘n volgende Olimpiese Spele – soos hierdie jaar van 2024 (26 Julie – 10 Augustus 2024 = Olimpiese Spele in Parys Frankryk) op die horison.

Ek is steeds besig om ‘n toer Gauteng toe te probeer reël en tentatief lyk die datums na die 3de of 4de April tot so die 6de of 7de dalk bietjie langer? Ek moet nog ‘n Boek bekendstelling daar bo in die Noorde gaan doen en sien baie uit om lesers daar te ontmoet.

Ek heg vir julle die BRUIS-artikel aan maar wil almal aanmoedig om die tydskrif te gaan koop. Daar is fantastiese artikels in vir Dames sowel as die Here. Dit is nie ‘n slegs-dames tydskrif nie en dit is wat die tydskrif uniek maak. Daar is ewe veel vir mans sowel as dames tussen die blaaie.

Ek groet nou eers want daar is vele hoofstukke wat geskryf moet word in SWEEF EN VAL en NALEDI my uitgewer wil die eerste “draft” van die manuskrip al einde Maart maand 2024 ontvang vir proeflees. Ek skryf verder en onthou my epos-adres: [email protected] en die link vir die bestelling van Olifant is: https://naledi.co.za/product/olifant-op-n-sweefstok/ wanneer jy die boek klaar gelees het stuur asseblief vir my ‘n resensie/”review” op bogenoemde link en enige iemand is welkom om met my kontak te maak ook op bogenoemde epos-adres.

Tot volgende maand dan. Wees gegroet en vele seënwense:

 Lelanie Roode