NUUSBRIEF 11 APRIL 2024

Liewe Lesers van Olifant op ‘n sweefstok,

Dit was ‘n besige Maart/April-maand tot dusver. Eerstens hoop ek almal het ‘n geseënde Paasnaweek gehad en dat julle wonderlike rustyd, familie en vriende-tyd saam geliefdes kon spandeer. Ek en my kinders was in Citrusdal by: The Baths – ‘n natuurlike warm water bron vakansie-oord waar ons heerlik kon rus en die helende rustende warm water wat uit die Sederberge spruit kon geniet.

Ek was Gauteng Pretoria toe vanaf 2 -7 April vir Boekbesprekings: Woensdagoggend 11h was ek by die Boekeplek en Kuierstoep in Aureliastraat 658 Garsfontein Pretoria saam Tina Swiegers en Marga Ley. Stefaans Coetzee het my die onderhoud gevoer. Wat ‘n belewenis! Die venue was deftig en die koek, koffie en tee was keurig voorgesit. As outeur het ek al die moeite wat Marga, Tina en Stefaans gedoen het uit my hart uit waardeer. Daar sal links beskikbaar wees waar julle as my webtuiste-lesers kan gaan kyk na gedeeltes van die onderhoud en foto’s wat geneem is die oggend.

Donderdagaand 4 April was ek by Cape Connection House – It is a girl thing by 58 Nuwe Hoop straat Maroelana Pretoria. Cheree Stoltz en haar span het letterlik en figuurlik die ekstra myl gestap om vir die aand baie spesiaal te maak. My onderhoudvoerder: Juanita de Waal, ‘n wonderlike jarelange vriendin het met my die onderhoud gevoer. Die venue was vol en ek het met elke byeenkoms vir al die gaste teenwoordig gesê: “Elke vol stoel is ‘n antwoord op ‘n gebed!” Al die stoele was vol en al my boeke het op die aand geleentheid uitverkoop. Ek het soos ‘n “celebrity” gevoel! Vriende, oud en nuut, universiteits en skoolvriende het moeite gedoen om die aand by te woon. Kennisse en vreemdelinge wat ek leer ken het was daar. Dit was voorwaar ‘n onvergeetlike aand wat ‘n merk in my geheue en hart gemaak het. Die Gauteng-mense was oorvloedig met hulle gasvryheid en vriendelikheid. Ek sal beslis weer-en-weer teruggaan soontoe.

Hier in die Kaap het ons deurgeloop onder een van die grootste storms. Ek dink nie daar is ‘n huis of gebou, boom of draad wat nie deurgeloop het onder die sterk winde nie. Brande, wind en reën het ‘n tol geëis waarvan meeste van ons hierdie week nog herstel.

Sondag 14/04/2024 word ek 54jaar. Dis vir my ‘n mooi nommer met al die viere in. Ook omdat 4 my gelukkige nommer is. Ek kuier Saterdag en Sondag saam met vriende en familie, my  kinders en vier al die viere wat ek nog wil deurlewe. Van datums gepraat is daar nog ‘n datum wat uitstaan: 26 Maart 2023 was ek amptelik een jaar deel van die geskeide statistieke van ons land se tragiese huwelik-egskeidings-nommers. Hoe dit saak maak is dat presies hierdie jaar, een jaar later 26 Maar 2024 het Naledi vir my hulle ooreenkoms gestuur vir die publikasie van die opvolg van Olifant op ‘n sweefstok: Sweef en val. So word ‘n negatiewe datum op my kalender meteens positief en weet ek dat ek ‘n Groot God het wat alles in Sy Hande vashou. Dat Hy presies geweet het dat Naledi daardie ooreenkoms op dié spesifieke datum aan my epos. Ek het dit uiteraard onmiddellik geteken. Ek is reeds besig om daaraan te skryf. Sweef en val kom uit Februarie 2025. Ek hoop en bid om ‘n uitnodiging na die KKNK te ontvang vir die Bekendstelling daarvan op daardie fees?

Daar was soveel wonderlike hoogtepunte in Maart en April 2024. Ek is ook uitgenooi na die Kalfie-fees in Hermanus (Walvisfees) 2 – 11 Augustus en ek gesels 10h die 7de Augustus oor: Olifant op ‘n sweefstok. Die onderhoudvoerder sal nog bevestig word. Verder is steeds besig om saam Daniel Dercksen te werk aan Poorte – elke seisoen het ‘n storie se Engelse vertaling. Gaan kyk gerus op Daniel Dercksen se webtuiste: www.thewritingstudio.com of epos hom vir enige navrae by: [email protected] Daniel Dercksen se skryfskole is al vir meer as 30 jaar besig om skrywers te ondersteun om hulle werke bo die radar te laat uitstyg en ek is bevoorreg om een van Daniel se studente te wees.

Hierdie is die belangrikste nuus wat ek het vir hierdie maand van April en ek sal weer gedurende Mei-maand vir julle verdere nuus hê in verband met enige hoogtepunte en of reise wat ek meemaak.

Gaan loer gerus na die links hierby en blaai deur die video’s, foto’s en hoogtepunte van die afgelope maand se wonderlike ervaringe wat ek kon beleef in Gauteng met die Boekbesprekings wat ek daar kon hou. Bestel gerus jou kopie van Olifant op ‘n sweefstok online by Tertia Swart: [email protected] of gaan na hierdie skakel: https://naledi.co.za/product/olifant-op-n-sweefstok/ as julle reeds die boek gelees het, laat asseblief vir my ‘n kort resensie op laasgenoemde link van Naledi? Ek sal dit baie waardeer. Dit help baie met die bemarking en verkope.  Ek probeer ook om op die sosiale platform van Instagram myself te vestig dus as julle my kan gaan volg op: https://instagram.com/authorlelanieroode?igshid=MzRIODBiNWFIZA== en julle vriende, kontakte, kollegas aanmoedig om dieselfde te doen sal dit vir my as debuut skrywer baie beteken. Ek sê ook baie baie dankie vir elkeen wat dit reeds doen!

Gaan kyk op MAROELA MEDIA het Carla van der Spuy ‘n heerlike wonderlike resensie oor Olifant op ‘n sweefstok geskryf. Dit sal ook op my Facebook-blad beskikbaar wees sodra sy dit post.

Ek wens elke leser ‘n goeie en geseënde res van April-maand toe. Onthou my motto:

Heart over mind, mind over matter. Always choose to RISE – like a phoenix!”

CARPE DIEM.

 

Groete.