NUUSBRIEF 6 MEI 2024

Liewe Lesers,

Dit was ‘n super-besige April 2024 gewees. My Gauteng Boek toer het besonder goed gegaan. Die oggend se bespreking saam Stefaans Coetzee en die aand se bespreking met Juanita de Waal,  wat die onderskeie onderhoud-voerders was het glad verloop. Weereens dankie aan Marga Ley en Tina Swiegers by die Boekeplek en Kuierstoep in Aurelia straat Garsfontein en vir Chère Stoltz van Cape Connection House – It’s a girl thing  by 58 Nuwe Hoop straat Maroelana Pretoria. Die veneus was uitstaande en die gaste/gehoor het die besprekings geniet.

Dit is Mei maand. Herfs is vol aan die gang hier in die Kaap se wynlande, Stellenbosch waar ek woon. Dit word vroeër donker saans en later lig soggens. Die luggie raak koeler en ek kan voel hoe die wintermaande nader kom. Ek is lief vir die Kaapse winters. Ek is hoogs effektief op die reëndae. Die somermaande is soms te warm maar die winterdae maak my lus vir skryf en dig en stories vertel. Ek vorder stadig maar seker met Olifant op ‘n sweefstok se opvolg-storie en soos dit is met my fantastiese verbeelding, loop die storie homself vooruit in my brein. My vingers tik maar my kop ken die verhaal en om die twee bymekaar te bring gaan party dae vir my te stadig.

Kyk gerus uit op Maroela Media vir Carla van der Spuy se resensie van Olifant op ‘n sweefstok? Dit gaan iewers in Mei-maand verskyn. Ek sal dit aan die volgende nuusbrief aanheg.

Verder gaan ek ook weer Gauteng toe in Junie-maand. Ek is by die ATKV Buffelspoort Warmwater Oord die naweek van 28-30 Junie 2024 in ‘n boek gesprek weereens saam Stefaans Coetzee en hopelik nog ‘n ander Afrikaanse skrywer wat moet bevestig. Ons sal 3 op die verhoog wees. Ons sal in gesprek wees met mekaar, soos ‘n heerlike kuier stoep-geleentheid en daar sal van ons almal se boeke beskikbaar wees om te koop. Ons almal hoop om julle daar te sien, al kom u ook net deur vir ‘n dag-besoek of selfs net vir die Boekgesprek? Dit sal beslis die moeite werd wees om by te woon in ‘n prentjie-mooi omgewing.  

Ek herinner ek julle ook weer aan die Kalfie-fees in Hermanus (Walvis fees) 2-11 Augustus 2024. Ek tree op en gesels op 7 Augustus om 10h die oggend, ek sal die venue en onderhoudvoerder nader aan die tyd bevestig.

Dit is vir nou al nuus wat ek het vir die begin van Mei-maand. Ek sal teen die einde van die maand ‘n tweede nuusbrief uitgee as daar nog ander datums en reise gebeur?

Ek wens almal wat die moeite doen om hierdie webtuiste van my te volg ‘n mooi Mei-maand toe. God se rykste Seën en Guns bid ek julle toe.