NUUSBRIEF 10 JUNIE 2024

LIEWE LESERS

Dit is al 10 Junie 2024 en ons is besig met die 6de maand van die jaar. Ons is in die helfte van 2024! Wat ‘n jaar tot nou toe. Ek wil met julle deel dat 2024 tot dusver vir my as skrywer en persoonlik die beste jaar in ‘n lang-lang tyd is.

My Gauteng-toer het nog net van krag-tot-krag gegaan soveel so dat ek einde Junie weer Gauteng toe vertrek. Ek is daar vanaf 21 Junie tot +/- 10/14 Julie.

Daar is ‘n Boek gesprek wat plaasvind: 28 Junie by die Buffelspoort ATKV-vakansie-oord wat ek saam met Stefaans Coetzee doen. Die plakkaat met al die inligting is hierby aangeheg.

Ons tree op: Vrydag 28 Junie 14h00 -16h00 op die verhoog langs die hoof swembad.  Ons gaan mekaar wedersyds vrae vra oor ons onderskeie boeke

 asook wat dit verg om ‘n outeur te wees.

Verder gaan loer en share groot asseblief vir my op julle Facebook of Whatsap-status of waar ookal – dis die wonderlike resensie wat Carla van der Spuy gedoen het vir: Olifant op ‘n sweefstok vir Maroela media: die link is: https://www.facebook.com/share/p/7rKBTdnHCJEEX3R/?mibextid=xfxF2j

Ek herinner julle ook weer aan die Kalfie-fees in Hermanus (Walvis fees) 2-11 Augustus 2024. Ek tree op en gesels 7 Augustus 10h die oggend en die venue en onderhoudvoerder is nog nie gefinaliseer nie maar die program behoort eersdaags te verskyn ek sal dit waarskynlik in Julie se nuusbrief kan plaas saam met die plakkaat daarvan.

Op ‘n meer persoonlike vlak: Soos meeste mense weet is ek geskei al vir 2.6 jaar. Met my Gauteng Boektoer April maand het ek en ‘n skoolvriend weer her-ontmoet en is dit wonderlik om te kan sê die Here het vir ons albei ‘n 2de kans op geluk gegee. Ek en hy is nou in ‘n vaste verhouding en ek voel so verlief soos die jongmense/karakters in my: Olifant op ‘n sweefstok-boek!

Ek het nie in my wildste drome gedink op 50+ jare kan mens nog SO verlief en lief raak nie. Dis met dankbaarheid en nét Gods-Genade dat ons twee mekaar gevind het – juis omdat nie een van ons twee werklik “gesoek” het nie…

Dit sal maar ‘n “commuting”-ding wees vir nou aangesien ons in twee provinsies woon maar vir Here is niks onmoontlik nie! Ons hoop, maak dit ‘n gebed-saak dat God vir hom ‘n Bemarkings-pos en of ‘n ligte vliegtuig sal voorsien om meer vir my te kan kom kuier. Hy is ‘n ook ‘n “pilot”.  Dus: indien enige iemand wat hier lees iets het soos ‘n: Pilatus 12 óf 2000 Piper Saratoga IITC óf Ravin 500 óf selfs Cessna het wat julle wil weggee? Saai in goeie grond?  Weet julle wie om te kontak. Julle kontak vir my!

Nou ja op daardie wonderlike liefde-bestaan-werklik en uit my pen gaan daar nog vele liefdesverhale geskryf word ook Krimi’s. ‘n Krimi is my volgende projek na die opvolg-boek op Olifant op ‘n sweefstok wat tans die werkstitel het: SWEEF EN VAL.

God se rykste seën en Guns bid ek julle toe. Ek het Wonderwerke beleef al in my lewe. Ek bid dit vir elkeen toe wat dit glo; dat vir Hóm wat ons op die naam ken wonderwerke ‘n realiteit sal word.

Groetnis

Lelanie & Stefaans_POSTER _FINAL_150dpi_RGB_Afrikaans-1