NUUSBRIEF 23 SEPTEMBER 2024

Liewe lesers,

Ek skryf nou eers die nuusbrief want my September-maand is propvol tot dusver. Ek was 25 Augustus tot 9 September in Noord-Wes ATKV Buffelspoort se Afrikiti fees.

Dit was my voorreg om met Rustenburg Hoërskool (my ou Alma Mater) se top-Afrikaanse leerders te kon gesels en vrae uit my boek te antwoord. Rustenburg Hoërskool het 4 boeke aangekoop, dit vir hulle leerders gegee om te lees en hulle het vir my vrae voorberei vir die Boeke-deel van die Afrikiti-fees (ATKV se Kuns en Kultuur-fees of ‘n “Afrikaanse Makiti”) wat op 7 September by die Buffelspoort-Oord plaasgevind het.

Ek is weer op 29 September tot 8 Oktober 2024 oppad Rustenburg toe. Hierdie reis gaan om die 4de kwartaal van die Skooljaar 2024 te open as gasspreker. Ek doen dit saam my lewensmaat wat ook ‘n oud-Rustie was. (Saam onderhoof-seun en -dogter van die 1988 matriek groep) Wat ‘n voorreg!  Ek gaan ook ‘n Basiese Skryfskool aanbied die middag van 2 Oktober 2024 vanaf 14h-17h by Hoërskool Rustenburg vir leerders Gr8-12. As enige iemand in daardie omgewing belangstel kontak gerus vir: Leseya Matthee by: [email protected] om te hoor of daar nog plek is?

Steeds is ek tussen-in besig met die skryf van die opvolg van: Olifant op ‘n sweefstok. Ek is in die laaste pylvak daarvan. Ek mik om teen einde Oktober klaar te wees sodat dit na die 2de proefleser kan gaan. Daarna is dit “editing”,  oorskryf, herskryf, byskryf, wegvat, voorblad-uitleg, agterblad skryf. Setwerk, drukwerk en publikasie wat ons vir nou nog het op Februarie 2025. Ons hoop en glo alles gaan reg wees teen dan.

Ek wil weereens ‘n Lokprent skiet om julle die lesers ‘n “lusmakertjie” te gee van wat in die boek gaan gebeur? Iets wat julle lesers se nuuskierigheid gaan prikkel om die tweede boek te koop. Ek sal baie báie dankbaar wees indien julle dit ondersteun.

Dit goed gaan met my. My Hemelse Vader seën my met die liefde van die wonderlikste man in my lewe – ek dink nie – ek weet – geen man was al ooit só lief vir my gewees soos wat hy vir my is nie! Ook dat ekself netso lief en verlief is vir en op hom. Dit is Genade uit God se Hand om op 54jaar weer só lief en verlief te voel en ek dank ons Here Jesus vir Sy Genade om hierdie wonderlike ervaring vir my en hom in die tweede fase van ons lewens te Skenk.

Mag dit met almal goed gaan, voel asseblief vry om te enige tyd vir my ‘n E-pos te stuur na: ([email protected]) of ‘n “review” te laat op my Naledi-webtuiste https://naledi.co.za/product/olifant-op-n-sweefstok/ dit help só baie met die aanlyn-verkope. Volg my gerus op Instagram: (https:instagram.com/authorlelanieroode?igshid=MzRIOBiNWFZA== )

Ek wens een almal ‘n geseënde mooi week toe. Ons gesels weer in Oktober.

Groete