NUUSBRIEF 20 NOVEMBER 2024
LIEWE LESERS
Reeds is ons kniediep in November. Die einde van jaar spoed nader en daar is nie verniet mense wat hierdie ook ‘n “silly season” noem nie. Daar is geliefdes wat sommer net siek word, afsterf, ingaan vir groot operasies en lewens wat net verander met werks-dinge.
Vir my is November tot dusver fantasties gewees. Ek het my geliefde Cornelius gaan verras met ‘n verassings besoek Noordwes provinsie toe. Die moeilikste was om vir hom te moes “jok” oor wat ek alles “doen” die dag wat ek gevlieg het, aangekom het en hom by sy werk gaan verras het. Hy was inderdaad opreg bly en uit die veld geslaan om my net daar by hom te sien opdaag! Wat ‘n heerlike saamwees-tyd het ons toe gehad. Ek het gekuier tot die 11de November.
Hy het my na die Cable Way in Hartebeespoortdam geneem vir ‘n romantiese rit op met die kabelkarretjie. Die uitsig van bo af was uitsonderlik! Ons het die mooiste foto’s geneem wat julle op my Facebook (Lelanie Roode) en my privaat Instagram (lelanieroode) kan gaan kyk. Ons het vlinders gesien vlieg, wat ‘n liefdes-dans doen. Aasvoëls wat in sirkel-formasies sweef en dan weer aanvlieg tot waarnatoe hulle ookal oppad is? Hierdie diertjies het net vinnig op daardie spesifieke oomblik in tyd vir my en Cornelius kom vereer met hulle teenwoordigheid. Hierdie is die klein én GROOT wonderwerke wat ons Almagtige God oor ons paaie stuur. Ons kan kies om dit raak te sien of nie.
Dieselfde gebeur met my ook in die week toe ek my motor inneem na die paneelkloppers. Ek het nie op die oggend iemand om te gaan aflaai nie. Die panel-beaters is heel onder in die meer industriële area van die dorp van Stellenbosch. Cornelius is bekommerd maar hy sit 1500km van my af. Ek sê ek gaan terug huistoe stap wat so 6/7km stappie is. Tussen al die voetgangers, die taxi’s, padwerke ensovoorts tot weer in die midde-dorp en vandaar na my huis. So bid hierdie geliefde man vir my veiligheid. Ek laai die motor af en begin terugstap.
Reg in die middel van my pad so hele ent verder sien ek iets op die grond lê. Eers stap ek verby, ek wil nie net stop en iets optel nie, maar dit knaag aan my en ek loop die paar treë terug. Onderstebo lyk dit soos ‘n vlinder, maar toe ek dit omdraai is dit ‘n uil-gesiggie. Seker iemand se haarknip of speelding van ‘n kind wat laat val is? Ek sê altyd ek het 3 “spirit-animals”: Vlinders/Skoenlappers. Uile en perde. Die vorige aand het ek juis weer die uile in my tuin gehoor. Hier is uile wat na mekaar roep in my tuin en verder af van dak-tot-dak waar ek woon.
Hier gee Hy vir my hierdie “little miracle” net om vir my te wys: Hy sien my raak. Hy kyk na my. Hy ken my op die naam (Jesj.43:1). Ek het veilig tuis gekom met die uil-gesiggie in my handsak as teken van Sy getrouheid en beskerming. Ek vertel hierdie vir Cornelius en hy dink toe: Wat se diertjie/s sal hý kies as sy spirit-animal? Hy besluit op twee: ‘n Swaeltjie en ‘n Paradysvoëlvleëvanger.-voël. Later daardie week is dit vir hom ‘n besondere moeilike dag. Die oggend terwyl hy koffie maak, kom ‘n swaeltjie ingevlieg in sy kombuis. Vlieg ‘n draai en vlieg weer uit. Hy gaan werk toe. Die middag/aand toe hy terugkom en hy in die slaapkamer kom hoor hy iets. Bo-op die fotoraam van ons twee saam sit ‘n Paradysvoëlvleëvanger-wyfie. Hoe die voëltjie ingekom het weet hy nie? Sy deure en vensters was toe. Hy het toe dié voëltjie versigtig gevang en weer vrygelaat buitentoe. Dis hoe getrou ons Vader in die hemel is! Wanneer ons ‘n slegte dag het. Wanneer ons baie na mekaar, ons kinders, ons ouers, ons oorlede vaders verlang, ons “battle” met die trauma’s van ons verlede, ons gespanne is oor die toekoms en dalk sommer net in die algemeen ‘n “af-dag” het, kom sulke klein en groot wonderwerke oor ons pad. Ons kan kies om dit as “toevallig” te etiketteer of ons kan kies om dit te ervaar as Sy Teenwoordigheid in ons lewe. Ons hemelse Vader en die Heilige Gees wat net “inwaai”/”invlieg”, ons voetpad kruis om vir ons amper tasbaar te wys: Hy sien ons raak. Hy het nie van ons vergeet nie! Daarom sê ek soos in Oktober se nuusbrief; liewe lesers. Wees op die uitkyk vir Sy wonderwerk(ies). Hy is in die tydsverloop. Tyd, plek, mense en geleenthede is in Sy Hande en in Sy Groter Plan. Aanvaar jou totale afhanklikheid van Hom en Hy sál jou Lei.
Nou ja, ek sê altyd: Wanneer jy in die middel van ‘n oseaan sit in ‘n roeiboot met twee spane en geen land sien nie kan jy een van twee of drie goed doen. 1. Jy kan bid . 2. Jy kan roei. OF 3. Jy kan bid asof geen roeiwerk sal help nie en jy kan roei asof geen bidwerk sal help nie! Nommer 3 is die oplossing hier. Dit is soos die woord: WONDERWERK. God doen die: WONDER. Maar Hy verwag van jou om die WERK te doen. Wanneer jy as mens die menslike moontlike doen. Moet ons Hom los om die Goddelike onmoontlike te doen.
Ek is aan die “roei”. Ek vorder fluks met die opvolg van: Olifant op ‘n sweefstok. Naamlik: Sweef & Val. Dit gaan stuk-vir-stuk na my proefleser: Danie Botha. Ek mik om November klaar te maak en dit is om die draai!
Ek het ook: 7 Desember 2024 die STRAND LEESFEES in STRAND. Advertensie is hierby aangeheg. Help my GROOT ASSEBLIEF hiermee om dit te versprei so vêr en wyd as moontlik? Ek sal dit BAIE waardeer! Ek is een van 6 sprekers dié dag. My spreekbeurt is 11.30 vir 12h00. Dit vind plaas: by SUNSET BOOKS. No 9 Heineckestraat Strand.
Skakel Sunset Books vir meer inligting: 078 801 8218. As julle in STRAND – Wes-Kaap omgewing is, kom maak ‘n draai en koop julle Kersgeskenk. (Ek heg ook NALEDI se Kersgeskenk-boeke-lys aan). Kyk daarna en bestel online vroegtydig jou kersgeskenke vir vriende en familie.
Ek groet julle met vele seënwense. Mag klein en groot wonderwerke julle paaie kruis. Vertel my gerus daarvan by: [email protected] Ek vertel dit weer in die volgende nuusbrief.
Ek hoop om van hierdie lesers 7 Desember by die Strand Leesfees te sien en te ontmoet? My geliefde Cornelius gaan my onderhoudsvoerder wees. Hy ken my goed. Hy het al voorheen met ‘n onderhoud gedoen. Ons doen dit weer! Kom luister