NUUSBRIEF 29 APRIL 2025
29 APRIL 2025 NUUSBRIEF
Liewe Lesers,
Ek wag ook elke maand tot op die laaste dag. April-maand is daardie maand wat dit woes gaan. Mens moet werk maar die publieke vakansie-dae forseer jou om ook net stil te word. In die Heilige Paastyd weer by Sy voete te gaan sit.
Ek het vele besoeke gehad hierdie afgelope maand. My geliefde man en lewensmaat Cornelius het kom kuier einde Maart na begin April. Die “commuting” tussen provinsies bly steeds tweeledig: Uitdaging versus Lekker kuier/wittebrood-tyd-oor-en-oor… Ons verlang ons harte sat na mekaar in die afwesige tye. Ons vul ons hart-tenke weer vol met elke weersiens. My een vriendin verwys al na ons “commuting” as: “Lelanie, is jy in Stellenbosch? Is dit jy ‘n werks-week? Of is jy (alweer) op ‘honeymoon’-week?” Ek lag lekker daaroor want sy is SO reg! Die wonderlike vlinders-op-die-maag-gevoel bly aaneenlopend deel van ons diep-geborge verhouding.
Dit is maar één van die BAIE dinge waarvoor ek vir ons Hemelse Vader net dankie-dankie sê het – elke dag maar veral in hierdie Paastyd. Die mooi maand van April was ook my en Cornelius se een jaar Belofte-herdenkings-maand gewees. Op 4 April 2024 het ons twee her-ontmoet 36 jaar later wat ons saam op hoërskool was. Naweek van 25-27 April 2024 het hy vir die eerste keer na daardie her-ontmoeting vir my kom kuier in Stellenbosch. Op 27 April 2024 het ons besef en erken dat God in ons verloop van gebeure en tydlyn nog altyd was en is. Ons het trou aanmekaar belowe op 27 April 2024 en ons is een jaar later net gelukkiger (indien moontlik) as daardie heilige Sondag wat ons ‘n rustende maar tog baie diep liefde van jongdae af – inteendeel – volgens wat my dierbare moeder gesê het: Vanaf voor die grondlegging van die aarde was dit reeds so bepaal aan mekaar hardop erken. Die storie van ons liefde en die verloop daarvan sal nog in ‘n boekvorm uit my pen verskyn… Ek gaan dit nie in hierdie nuusbrief weggee nie. (Ek wil inderdaad my lesers aan die lees hou!) Ons het ‘n unieke, kosbare, interessante en so ‘n heilige samevoeging, ineenloping van ‘n tyd-sensitiewe goue draad – regdeur ons lewens verweef… Soveel so dat ons dit eers in retrospeksie kon raaksien. Daardie dag toe die skille van ons oë afgeval het en ons mekaar raakgesien het – werklik raakgesien het… Ons hou dit ‘n geheimenis – dit sal verskyn en openbaar word – tyd.
April was ook familie-tyd. My broer en sy gesin was by my. Ons het na Andrea Bocelli gaan kyk. Dit was ook ‘n goddelike heilige sielsverrykende ervaring. Kosbaar om my ma en broer-hul by my te kon huisves. Familiebande te versterk, te lag en net heerlik saam te kuier. Ook van my (eks) skoonfamilie – wat inderdaad vriende is het kom kuier. Dit is wel moontlik al klink dit snaaks om uit te spreek – (eks) skoonfamilie? Wat is dit? Dit is wanneer jou eks-man eensydig besluit om van jou te skei. So word jy (ek) ons dan noodwendig deel van die land se enorme egskeidings syfers. Wel… dit mag dan wel so wees, maar dit beteken nie dat net omdat die eks ‘n lewens veranderende besluit geneem het nie, daardie besluit op jou wat agterbly (almal wat agterbly) se lewens ook ‘n “egskeiding” moet plaasvind nie. Nee. Eks-skoonfamilie is en word na amper 30 jaar vriende. Hulle en jy is vir mekaar lief. Hulle en jy het maak dan gelukkig die wonderlike besluit: Die feit dat die eks-man wou skei is nie te sê dat die familie wat ook vriende is moet skei nie. Dan het die eks moes “gewen”. Iemand anders se besluite moet nooit jou keuses van assosiasie en keuses van dis-assosiasie beïnvloed nie. Dus: ek en my (eks) skoonfamilie, swaers, skoonsussies het steeds fantastiese verhoudings buite en om die ou-egskeidings-olifant wat tussen ons staan. Ons werk en gesels, kuier, praat, eet, huil soms, lag baie en ken mekaar se lief en leed soos altyd – vóór die egskeiding. Daardie familie het ook vir mý kom kuier. Die samesyn was ‘n wonderlike tyd.
Ek lees een oggend in Habakuk 2: 1-7 “….Die Here het toe vir my gesê: Skryf wat Ek aan jou gaan openbaar duidelik op kleitablette sodat mense dit sommer in die verbygaan kan lees. Die openbaring geld vir ‘n bepaalde tyd; dit sal gou kom en sal sekerlik gebeur. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom verseker, dit sal nie uitbly nie. Dit is die boodskap: Wie nie reg gesind is nie sal sy verdiende loon kry, maar wie reg doen, sal lewe omdat hy getrou bly. ‘n Hooghartige mens wat hom deur sy rykdom laat mislei sal nie in sy doel slaag nie…”
Ek kry ‘n E-pos in my inbox-advertensie in my inbox van: https://voelgoed.co.za/inspirasievrou/ en Cornelius herinner my aan Habakuk 2. Dit is waar ek besluit: Ek wil deelneem. Meer nog, ek gaan van my vriendinne vra om my te nomineer? Hoekom nie? Ek wil inspireer. Dit is AL wat ek nog altyd wou doen! Met my boeke, met my lewe, hoe ek lewe. Alles in my wese is gerig op my doel op aarde: “MAAK ‘N VERSKIL.” Ek besef die kompetisie eindig 30 April! Inderhaas kontak die mense naaste aan my en vra hulle almal vriendelik: GROOT asseblief, nomineer my? En sowaar, hulle almal sê: “Ja! Sekerlik. Wat moet ons doen?” En so kom dit toe dat baie mense kies van die foto’s wat ek aan hulle stuur en daar is ek genomineer as: “Hoekom dink jy/ek dat Lelanie Roode kan inspireer?” Dus as julle, die lesers wat nou hier lees my nuusbriewe dophou sal ek julle in kennis stel om hopelik teen Augustus – AS (maar kom ons gebruik die woord: WANNEER ek die langlys en daarna WANNEER ek die kortlys van nominasie wen, julle kan stem vir die persoon/vrou wat julle reken ‘n INSPIRASIEVROU is? Ek weet daar is baie. Daarom is dit nie in die minste my bekommernis om selfs nie daardie lys te haal nie. Want dan kan ek steeds leer by dié wat daar uitstaan. Ek is kinderlik opgewonde oor hierdie Inspirasievrou-ding. Dit is waaroor ek meer en meer wil leer om aktief toe te pas. Om te inspireer is ‘n POSITIEWE platform. Afrikaanse romanses is nie almal se koppie tee nie… maar om meer net as gewonde “human being” jou platform te gebruik – dit is “real life” en nie fiksie nie. Ek praat met my webtuiste-bestuurder Donovan Risk van AEON- WOLF en hy stem saam. Hy sê: “Om jouself as “brand” op te bou is baie beter. Dit maak enigiets wat jy doen soveel meer effektief en persoonlik en later weergalm alles saam en bring/stoot alles saam boontoe!” Dit klink vir my na ‘n beter koers – want dis reallife – inspiration en ek hak net die fiksie daaraan vas. As wat ek die fiksie probeer bemark en reallife aan dit te probeer vashak!Op hierdie inspirasie-noot groet ek julle vir April-maand. Gaan lees Habakuk. Skryf wat jy in jou hart voel brand om te doen neer sodat mense dit sommer in die verbygaan sal kan lees. En doen dit dan! Wees geduldig want weet – vasberadenheid en determinasie is deel van die reis. Gaan kyk wat is in jou huis: 2Konings 4:1-7. “Gebruik en werk met wat jy het!” Ons gesels volgende maand meer hieroor.
Groete en seënwense vir die maand van Mei 2025!