NUUSBRIEF 30 JANUARIE 2025
Liewe Lesers,
Nuwe jaar, nuwe uitdagings, geleenthede en keuses. Dit is soms oorweldigend om ‘n hele nuwe jaar voor jou uitgetrek te sien lê. Mens maak jou voornemens maar God maak die planne. Hy verander dit ook. My filosofie: Los die voornemens. Sit jou hand in Syne en al jou voornemens sal geluk is Sy Belofte. Hy sê nie wanneer of hoe laat nie? Soms neem Hy langer as wat ons sou wou hê Hy moet. Alles moet eintlik mos DADELIK gebeur! God neem Sy tyd maar Hy is deeglik en nooit ooit laat nie.
Die goeie nuus wat ek het om te deel is dat Naledi Olifant op ‘n sweefstok 26 Januarie 2025 vrygestel het as ‘n e-boek op AMAZON. Die skakel is as volg: https://amzn.to/4awU4aA bestel gerus jou e-boek aanlyn. Laat groot asseblief vir my ‘n review op Amazon en copy & paste sommer daardie review na my webtuiste by Naledi: https://naledi.co.za/product/olifant-op-n-sweefstok/ ‘n Positiewe review help altyd om die aanlyn verkope asook enige Boekwinkel verkope aan te help.
Ek gaan ook gesels op ‘n radiostasie die 7de of 8ste Februarie, nog nie seker watter een nie? (Jammer daaroor. Ek het nog nie al die inligting nie.) Gelukkig sal daar ‘n pod-uitsending wees. Ek sal dit in my Februarie Nuusbrief vir julle plaas om te gaan luister. Mens is soms nie op die dag en tyd van ‘n uitsending noodwendig voor ‘n radio nie. Dit is vir 5 Februarie wat Wêreld-voorlees-dag is.
Op ‘n meer persoonlike noot; ek en my geliefde Cornelius kon Desember/Januarie een hele maand aaneenlopend saam wees. Dit was kosbare tye saam. In ‘n verhouding waar ons maandeliks moet commute om mekaar te kan sien, (meestal net vir een of hoogstens twee weke) was ‘n hele maand saam ‘n geskenk. Iets wat ons elke oomblik van gekoester het in mekaar se geselskap, saam vriende en familie ook. Ons bid steeds saam dat daar vir hom ‘n pos sal oopgaan in Stellenbosch waar ek woonagtig is. ‘n Re-location van sy kant af maak meer sin, aangesien ek nog my studente dogters in die huis het. Tog vertrou ons die Here om ook daardie deur vir ons te ontsluit op Sy presiese gegewe tyd. Teen dié tyd wéét ons: Hy is in die tydsverloop. Ons was in Noordwes Provinsie, Weskaap en ook Struisbaai, Agulhas. Ons het die mooiste herinneringe gemaak. Die Lighthouse in Agulhas is iets om te beleef! Ons het tot bo geklim teen die styl leertjie op. Die uitsig daarvandaan is asemrowend! Dis ook die mees Suidelike punt van Afrika. Ekself is gek oor VUURTORING. Dit is só ‘n standvastige simbool van Rotsvas met ‘n Lig wat koers aandui én waarsku.
Ek is weer in Noordwes Provinsie vanaf 19 Februarie tot 3/4 Maart. Ek hoop om dan die opvolg van: Olifant op ‘n sweefstok af te handel. Nee… dit is nóg nie klaar nie – tot my proefleser Danie Botha se frustrasie! Hy wil nou weet wat gaan gebeur? Toe sê ek vir hom: Ek óók! Hy dink nie ek is snaaks nie… Want ek weet présies hoe dit gaan eindig… Ek is met 100 (nee 200 goed) gelyktydig besig dat ek min by my skryftyd uitkom. Ek maak ‘n plan. Belowe! Ekself wil dit ook nou afhandel sodat ek kan begin skuur en skaaf aan Danie se editing in die tweede draft. ‘n Goeie boek het gewoonlik ‘n hele paar drafts. Dus kyk ons nou na Augustus 2025 vir publikasie van: SWEEF EN VAL – die opvolg van: Olifant op ‘n sweefstok.
Januarie was en ‘n lang-lang maand, sommige beweer dit het eintlik 60 dae en nie 31 nie! Ek verstaan dit heeltemal. My tweeling studente / jong volwassenes is terug en gereed vir hulle onderskeie finale jare op Universiteit. So vinnig het die tyd gevlieg.
My raad vir 2025: Hê jou voornemens, jou drome, doelstellings, wense en begeertes maar bestee jou tyd wys. Die lewe is langer as wat mens dink. Ook baie korter wanneer jy valslik vir jouself vertel: Daar is nog baie tyd oor om dit of dat te doen. Doen wat jy moet doen eerste, sodat jy kan doen wat jy wil doen so gou as moontlik. Bestuur jou tyd tussen ‘n balans van werk en rus. Daar is ‘n verskil tussen rus en opgee. Opgee is NIE ‘n opsie nie.
Ek wens julle almal ‘n wonderlike 2025 toe. Mens hoop altyd die beste en my aanhaling vir die jaar is: “What you do not change, you choose. So lets promise ourselves to always look on the bright side!”
Baie dankie vir een en elkeen wat die tyd neem om my skryfels te lees. Dit is altyd ‘n voorreg om te probeer inspireer. Mag ek suksesvol wees daarin? Onthou, ek hoor graag van enige van my lesers sou julle ‘n epos wil stuur na my skrywers-epos-adres: [email protected] Julle is welkom. Ek mag dalk nie dadelik antwoord nie, maar ek probeer en is tot dusver suksesvol om almal persoonlik te kan antwoord.
Ek sluit af met my persoonlike motto: “HEART OVER MIND. MIND OVER MATTER. ALWAYS CHOOSE TO RISE – LIKE A PHOENIX. CARPE DIEM!”
Groete en seënwense tot volgende maand.