NUUSBRIEF 28 FEBRUARIE 2025
Liewe Lesers
Gaan na die link: https://iono.fm/e/158982 op Kaapse Kansel 729 AM – program -deur Mercia Eksteen van die ATKV. Op 21 Februarie word jaarliks die belangrikheid van Moedertaal gevier. Daar word ‘n onderhoud met Kalle Julius gevoer. Luister gerus na hierdie potgooi. Ek het ook iets daar iets gesê oor Afrikaans as moedertaal. Ek praat ook op ‘n ander potgooi van Kaapse Kansel 729 AM link: https://iono.fm/e/1526749 oor Wêreld Hardop Leesdag. www.capepulpit.co.za wat jaarliks gevier word op die eerste Woensdag van Februarie. (5 Februarie 2025).
Met my geliefde Cornelius Smit wat by ATKV Buffelspoort werk het hy vir my soveel deure oopgemaak wat die ATKV en Kaapse Kansel 729 AM my gee. Een van die wonderlike mense wat hy my aan voorgestel het was dan ook Mercia Eksteen. Sy gaan later die jaar ‘n volledige onderhoud met my voer oor my eerste boek: Olifant op ‘n sweefstok en die opvolg daarvan: Sweef en Val.
Die goeie nuus is dat ek (uit)eindelik klaar is met die manuskrip van: Sweef en Val. Die opvolg van: Olifant op ‘n sweefstok. Die manuskrip is tans by my proefleser: Danie Botha. Hy is besig om die manuskrip te redigeer. Ek en Danie Botha sal twee maal deur die manuskrip werk. Om ‘n boek te skryf neem 3-4 “drafts”. Wanneer ons klaar is met die 2de draft, sal die manuskrip na ‘n volgende redigeerder gaan. Ek werk deurgaans aan die editing van die verskillende redigeerders. Ons sal begin ontwerp aan die voorblad en ‘n publikasie-datum in ons almanakke neer te pen. Die bekendstellings en boekpraatjies se beplanning, voorbereiding, plekke, mense en bemarking is alles gebeure wat in die volgende paar maande lê. Natuurlik ook die skiet van die Lokprent vir Sweef en Val. Ek het met Olifant op ‘n sweefstok die tendens begin om ‘n lokprent (Booktrailer) te maak. Dit is om vir my lesers ‘n visuele prentjie (kort-film) te gee oor wat in die boek gebeur? ‘n Lusmaker om lesers nuuskierig te maak oor wat volgende in die lewe van die karakters in Olifant op ‘n sweefstok gebeur?
Ek kuier hier op Buffelspoort saam my geliefde lewensmaat Cornelius. Ons is steeds in ‘n “commuting”-lang afstand tussen Stellenbosch en Buffelspoort. Ons hoop en bid ons Vader se Guns om vir hom ‘n deur oop te maak in die Wes-Kaap. Ons het in hierdie tyd verskillende wonderlike aktiwiteite en vertonings bygewoon. By Monte Casino het ons gaan kyk na: “My Fair Lady”. Wat ‘n uitstekende vertoning! Gaan kyk dit gerus. Die choreografie is fenomenaal! Die vertoning van hoogstaande gehalte en die humor is fyn-fyn en uitstekend uitgevoer. Die kostuums en klere is asemrowend!
Ons het ook die: The Elephant Sanctuary besoek te R104 Old Rustenburg Rd. Hartbeespoortdam. Ons het die mooiste video laat maak daar: Die video is aangeheg by hierdie nuusbrief. Ek as outeur se vir die personeel by The Elephant Sanctuary baie dankie dat hulle my die geleentheid gegee het om my boek saam die Olifante te kon vertoon. Ons het die mees ongelooflikste dag gehad met hierdie reuse diere. Dit was ‘n voorreg om langs hulle te kon stap, voor hulle te loop. Ons kon aan hulle raak, hulle voer en die een het my selfs ‘n soen gegee! Om die skurwe vel te kon voel onder jou hand, aan die sagte flap-ore te vat en so naby hulle te kon wees was iets wat mens nooit in ‘n Wildtuin of selfs Dieretuin sal kan doen nie. Besoek en ondersteun hierdie Reservaat gerus. Daar is ook ‘n aparte toer vir seldsame aapsoorte.
Hiermee dan sluit ek af met John Holmes se aanhaling: “There is no exercise better for the heart than reaching down and lifting people (and animals) up.” Daar is soveel gemeenskaps- projekte waaraan mens kan deelneem en ‘n verskil kan maak. Luister gerus na Radio Kaapse Kansel op 729 AM. Raak betrokke by mense en diere en skielik is jou eie probleme nie meer só groot nie.
Ons gesels weer in Maart-maand. Ek wens al my lesers ‘n geseënde dag, week en maand verder. Geniet wat julle doen en doen wat jou hand vind om te doen. Volg jou hart en neem jou brein saam op die reis. Saam is dit ‘n formidabele span, wat wanneer jy dit met passie, entoesiasme, energie en liefde saamgaan word jou werk vir jou iets waarmee jy ‘n verskil kan maak.
Groete en seënwense.