Olifant op ‘n sweefstok – Lelanie Roode
Eerste sweef: 31 Mei 2023 Boekbekendstellings-aand.
31 MEI 2023
OLIFANT OP ‘N SWEEFSTOK SE EERSTE SWEEF
Wat ‘n aand was dit nie! Asof die hele Stellenbosch-gemeenskap besluit het om te kyk en luister na my aksie-roman: “Olifant op ‘n sweefstok” se bekendstelling. Antoinette Kruger en Lida de la Bat het die onderhoud gevoer. Die eerste vraag: Waar kom die titel vandaan? Die antwoord is maklik: Ek het eendag terwyl ek swem afgerig het die dinamiek tussen die swemmers in my swemklub dopgehou. Die verskillende en onderlinge verhoudinge en hou-van-mekaar-en-haat-mekaar net soos hoërskool-hormone dit kan dikteer. Dinge waaroor hulle met mekaar praat en dinge waaroor daar stilgebly word. (Met swem-oefening aan die kant.) Ek het gedink aan die Engelse metafoor: “Elephant in the room.” Die storie het begin vorm aanneem.
Olifant op ‘n sweefstok is die resultaat. Die “olifante” waaroor ons nie praat nie. Simboliseer die moeilike onderwerpe en die chemistry tussen verskillende mense wat daar is of nie daar is nie. Hoe hulle dit ignoreer óf op dit reageer en dit aktiveer met passie óf dit de-aktiveer deur ‘n wegstap… Die sweefstok simboliseer die liefde. Liefde is universeel en dit is altyd ‘n waagstuk. Het jý al aan ‘n sweefstok (trapeze) probeer hang? En sal jý dit waag sonder ‘n net onder jou? Sal jy dit waag om te swaai? Bo als sal jy die ander persoon vertrou om jou te vang? Dis hoe liefde werk. Kyle is die hoofkarakter, die Olimpiese swemmer. Luke die mediese dokter en Vlootkaptein. Gaan lees die agterblad of die sinopsis van: Olifant op ‘n sweefstok. Ek daag jou uit. Vind uit hoe die karakters om en om die “olifante” in hulle lewens trap en hoe van hulle dit waag om die liefdes-sweefstok vas te vat of net te laat verby swaai…
Besoek die webtuiste: www.lelanieroode.com vir meer inligting.
Bestel jou kopie op Naledi se blad as volg: https://naledi.co.za/product/olifant-op-n-sweefstok/ @ R240 per boek of kontak per epos: [email protected] of by 078 648 8616
Hou my Instagram: https://instagram.com/authorlelanieroode?igshid=MzRIODBiNWFOZA== dop vir nuus oor die LOKPRENT-VIDEO (BOOK-TRAILER-VIDEO) beskikbaar in die week vanaf 14 Junie 2023. Gaan kyk na die video en besluit dan vir jouself gaan dit Kyle wees of gaan dit Luke of Christoff wees wat die harte van Martinette, Ansje, Carla of Bianca gaan wen óf wie van hulle dit gaan breek?
Tot volgende week: Hou dié spasie dop vir die lokprent- binnekort beskikbaar. En leer hierdie karakters ken.
Groete en laat ‘n “review” op bogenoemde webtuiste sodra jy klaar gelees het – ONTHOU – GEEN “spoilers” op die reviews nie ASSEBLIEF!
BAIE DANKIE
LELANIE ROODE