NUUSBRIEF 27 AUGUSTUS 2025
STEM NOU vir Voelgoed Inspirasievrou 2025

In verlede maand se nuusbrief het ek vertel van werk en woeker voort. Dit is wat ek doen. Ek het die 21ste Augustus teruggekeer vanuit Noordwes Provinsie. Dit was weereens ‘n heerlike kuier saam my geliefde Cornelius. Ons was tuis terwyl hy gewerk het. Daarna het ons ‘n vertoning by Monte Casino bygewoon: Josheph and the Technicolour Dreamcoat. Dit is die moderne weergawe van die Bybelse Josef-storie. ‘n Belewenis! Ons het die aand oorgebly in die Piazza-Hotel. Ek en Cornelius kan die Hotel beslis aanbeveel, veral die buffet-ontbyt die volgende oggend was “spoiled-for-choices”.
Vandaar is ons na die Kruger Wildtuin. Ons twee het ‘n geskiedenis (bietjie history – soos die jongmense dit sou stel) met die Schingwedzi-kamp. As jong hoërskool leerders in (standard 8) graad 10 het ons twee gesinne per toeval gelyk by die hekke van Schingwedzi-kamp arriveer. Ons onderskeie pa’s het mekaar gegroet, ek en Cornelius, as skaam sestienjariges het ook kennis geneem dat ons onderskeie gesinne daar is vir ‘n skoolvakansie-week.Ons gesin het heel eenkant gebly (nie in die chalets) nie, maar teenaan die grensdraad. Daardie hele week het Cornelius na my gesoek. Uitgekyk vir my pa se groen Chevrolet. Ek het onbewus van sy soektog op die stoep en soms by die swembad gaan sit, my neus in ‘n boek. Elke aand wanneer die hekke ses uur sluit, het Cornelius geloop van lamplig tot lamplig, om die hele kamp en gedraai by die swembad. Nie eenmaal in daardie sewe dae het ons twee mekaar weer gesien nie. Vandag glo ons saam, die Here en AL Sy engele het ons “blind” gehou. Ons moes mekaar by tye net-net gemis het… Cornelius het gedink dis sy kans om ‘n romanse te begin. Ek en hy is toe pas gekies op die (standerd nege) graad 11 leerlingraad. Dit sou dalk lekker gewees het? Wie weet? Ek was nie verbind of het uitgegaan op daardie stadium nie, en hy ook nie. Tóg, het dit nie gebeur nie. Ons is ná daardie vakansie terug skooltoe. Nie weer gepraat oor die verlore ‘potensiële’ vakansie-romanse nie. Ek het ‘n uitnodiging van ‘n ander skoolmaat aanvaar en hy het met ‘n meisie in ‘n standerd(graad) laer as ons begin uitgaan. Ons was steeds saam op die leerlingraad. Saam alles gedoen. Pouse-vir-pouse saam stoepdiens gedoen. Altyd saam-saam ingedeel op verskillende projekte, maar die ‘romanse-deel’ het ons in Shingwedzi agtergelaat…
So besluit ek en hy ná ons vertoning by Monte Casino. Kom ons ry deur Wildtuin toe. Ons kry wonder-bo-wonder plek in Shingwedzi. Ons bly ‘n aand daar oor en Cornelius – romantikus wat hy is – kondig so tussen die aansteek van ons vuurtjie en die kole wat besig is om te vorm aan: “Ontmoet my by die swembad.” Ons vind ons weg na die swembad wat nog al die jare presies dieselfde lyk. By die swembad trek ons, ons skoene uit en stap op die trappie na die middel van die swembad. En daar KRY ons mekaar toe – ná al die jare (38 jaar – sedert 1986) Cornelius sê toe tereg: “In die tydraam-van-Shingwedzi is dit net die volgende dag.” (die 7de dag) van die aanvanklike week wat ons albei daar was jare gelede. Want nie hy óf ek was sedertdien weer soontoe spesifiek gewees nie. Ons het mekaar nét daar weer “gevind”. Ons liefde bevestig en dit was vir ons “holy ground/water” gewees. ‘n Vol sirkel wat ons moes maak.
Geen wonder ek skryf romanses nie… Ek is en bly die ewige romantic. Ek is baie dankbaar vir hierdie romantiese man wat hierdie deel van my menswees omhels en waardeer. Ons het in ons kort tydjie in die Wildtuin die wonderlikste “sightings” gehad. Vanaf Leeuwyfies, Kameelperde, Olifante in troppe en in insolasie. Buffels, Blouwildebeeste, Njalas, Waterbokke, baie Rooibokke/Impala’s (natuurlik), die mooiste Visarend, voëls van alles soorte en kleure. Seekoeie, Krokodille, Vlakvarke, Duikers, diere met welpies en kleintjies. Die wildtuin was stil, dis buite-seisoen. Die wintersgras is kaal – mens kan ver-ver in die velde insien. By Letaba het ons melkskommels gedrink, by Mopani lekker middagete. Ons het skitterende, ongelooflike sonsopkomste en skemer-sonsakke teen die bosveld-bome kon waardeer sonder ‘n motor in sig. Die paaie (teer-en-grondpaaie) was stil, soms was ons die enigste motor in kilometers. Dit was die heerlikste wildtuin-ervaring in my lewe. Mense wat my ken, weet: Lelanie kamp nie. Lelanie en die wildtuin is nie vriende nie. Lelanie kies die see. Ek het besef: Dit gaan daaroor met wie mens dit deel… Nie soseer wat mens daar wil doen of sien nie.
Boek/skryfnuus: Ek is tans besig met die 3de draft van: VAL EN SWEEF. Dit is ‘n tydrowende Editing-proses om deur al my proefleser se nota’s te werk. Ek waardeer AL sy kant-aantekeninge van LOF die meeste. Daar waar Danie Botha vir my skryf: “Uitstekend!” of “Skitterende skryfwerk.” Dit is wat my weer-en-weer die A,B,C = (A-pply-B-ottom-to-C-hair) vir ure aaneen laat doen. Dit maak die oorskryf, herskryf, weer-skryf en weg-(delete/kill-your-darlings-skryf) die moeite werd.
Ek is ook in Augustus genomineer deur: Voelgoed-tydskrif as een van 50 finaliste vir: INSPIRASIE-VROU 2025. Gaan asseblief voor of op 30 Augustus na hierdie link: https://voelgoed.co.za/inspirasievrou/
Kliek op die Inspirasie-finaliste en scroll af na nommer 33 waar my foto is. Kliek op my foto. Daar sal julle SMS-nommers kry waar julle vir my kan stem: Stuur die SMS-stem/me wat jul wil stuur na 1 van hierdie nommers met my naam en van: Lelanie Roode nr 33 na: 33282 vir 1 stem, 39051 vir 11 stemme of 41014 vir 21 stemme. Ek sal dit opreg waardeer. Net dálk wen ek een van die lekker pryse. Dis veral die 2de prys: “Media-blootstelling”. Ekself is sleg met Bemarking – dit sal my BAIE help as ek só iets kan wen. 1000de dankies vir julle ondersteuning in hierdie groot voorreg wat my te beurt geval het om as een van 50-finaliste ‘n kans te staan.
Soos altyd laat ek julle met een van “Go-to-quotes” van: Victor Frankl: “Anyone can give up. It’s the easiest thing in the world to do – to give up. BUT… to hold it together when everyone else would understand if you fell apart, thát is true strength!” Ook in die lig van die romantiek waarin ek glo: “Sometimes, in the middle of ordinary life, LOVE gives us a fairy tale… embrace it!”
Ek wens al my lesers ‘n “fairy-tale”-September-Lente-maand toe. Maak tyd vir romanse, wees oop daarvoor… Dis ‘n splinternuwe seisoen wat aanbreek.
Groetnis en Seënwense.