NUUSBRIEF 28 MAY 2026
Liewe Lesers,Mei het opgedaag in volkleur-herfs. Die bome begin stadig hul goud, roes, koper en amber loslaat asof selfs die natuur verstaan dat daar tye in ’n mens se lewe kom waar loslaat nie verlies beteken nie… maar voorbereiding vir iets nuuts.Hier by ons huis in Stellenbosch het die maand met stof, bouplanne, verfkwaste en […]
NUUSBRIEF 27 APRIL 2026
Liewe Lesers,April het stilweg sy koel hand oor Maart se hitte gelê—en toe, sonder waarskuwing, het die koue ingetrek. Herfs het aangebreek met daardie skielike skerpte in die lug wat jou laat die komberse, truie, dik sokkies en jasse laat nadertrek. Herfs bly vir my ’n seisoen van inkeer en ook van herinner.Te midde van […]
NUUSBRIEF 23 MAART 2026
Liewe Lesers, Maart het in die Wes-Kaap aangekom soos stoom uit ’n warm ketel.—Daar is ’n hitte wat oor die Wes-Kaap lê soos ’n elektriese kombers wat op sy maksimum gestel is. Party dae voel dit asof die son nie net skyn nie, maar brand. Lukrake vure wat hoog en laag oor die velde uitbreek […]
NUUSBRIEF 26 FEBRUARIE 2026
Liewe Lesers,Februarie het met warm, helderblou energie in die Kaap aangekom. Dae vol sonbril- en sonskerm hittegolwe, maar ook dae waarin werk, drome en stille groei saamvloei. Ek sit weer hier en skryf met ’n hart wat besig is om baie dinge gelyk te dra. Stories wat vorm kry, nuwe planne wat begin wortel skiet, […]
NUUSBRIEF 31 JANUARIE 2026
Liewe Lesers,Januarie het stil-stil ingestap, tog voel alles reeds volspoed—’n nuwe jaar wat wag om gevul te word met stories, hoop en wonderwerke. Ek sit vandag en skryf met ’n hart vol dankbaarheid en ’n gees wat kinderlik opgewonde is oor die splinternuwe jaar wat voorlê.Ek het die eerste “draft” van Olifant op ’n Sweefstok […]
NUUSBRIEF 23 DESEMBER 2025
LIEWE LESERS, Desember het sag, maar vol belofte ingestap —’n maand wat altyd soos ’n asemteug voel tussen afsluit en begin. Kersliggies flikker al vroeg, en 2025 maak stadig sy laaste buiging. Ek skryf vandag met ’n dankbare hart, ’n effense moegheid in die lyf, maar ’n groot verwagting in die gees. Skryfwerk bly my […]
NUUSBRIEF 02 DESEMBER 2025
LIEWE LESERS,November het soos ’n sagte bries oor my lewe gewaai—vinnig, bedrywig, vol oorvloed, vol dankbaarheid… en ja,ek is so tikkie laat. My opregte verskoning daaroor! Maar wanneer ’n mens se geliefde jou twee keer in een maand kom verras, raak skryfwerk sommer tweedens… en die lewe eerste. Ek koester elke oomblik.Terwyl die dae langer […]
NUUSBRIEF 29 OKTOBER 2025
LIEWE LESERSOktober die mooiste maand. Ook die maand waarin my geliefde oorlede pa, Carel Roode op 26 Oktober 1945 ’n ronde 80jaar sou geword het. Hy is oorlede 8 September 2018 en ek mis hom elke dag. My pa was en sal altyd my rolmodel wees. By hom het ek soveel geleer. My pa was […]